Guillain Barre Sindroom
Raad
Behandeling tot die pasient gereed is om huistoe te gaan is gewoonlik in 'n hoësorg eenheid waar pasiënte se asemhaling en ander funksies ondersteun word.

Behandeling by die huis gaan behels om sy ledemate so mobiel as moontlik te hou deur passiewe beweging van al sy ledemate deur die volle fase van beweging. Voorkom bedsere deur die pasient so gereeld as moontlik te draai(elke twee tot drie ure). Die pasient se dokter sal gewoonlik 'n antistol middel voorskryf om bloedklonte te voorkom en elastiese kouse kan ook baie help in hierdie opsig.

Onthou om sy voedingtoestand so goed as moontlik op standaard te hou en ook 'n goeie multivitamienaanvulling in te sluit. Aanvullers wat essensiele vetsure bevat soos Aandblomolie, Sterblomolie of Salm olie en wat die senuweestelsel voed behoort geneem te word.


Inligting verkry van www.egafrikaans.co.za
Geborg deur www.eposvriende.com
Ons het in die hospitaal gevind dat om hom in 'n lou warm bad te sit, het die spiere bietjie losser gemaak en die pyn en gevoeligheid verminder.  Ons het dit elke oggend as hy wakker word by die huis gedoen.
Magteld
Enter Your Name:
Enter your Email:
Google